Leah - Aanhou (Official Music Video)

22,821
0
Published 2024-08-01
‘Aanhou’ nou beskikbaar: Leah.lnk.to/AanhouID

Volg My:

www.instagram.com/leahmusieksa
www.facebook.com/LeahMusiekSA/
twitter.com/LeahMusiekSA

Lirieke:

Jy sit jou koppie koffie neer
En storm hier uit
Nog besig om te praat
En probeer om sin te maak
Wat het nou net hier gebeur
Wat het nou net hier gebeur

En jou koue woorde weergalm
In hierdie kamer
Soos jy uit loop en die woorde
Bly hang

Gaan iemand iets sê
Of klim ons net in die bed
Ons draai ons rug teenmekaar
Om na mure te staar
Gaan iemand iets sê
Dis mos nie wen of verloor
En as ons altwee verkeerd is
Is niemand mos reg
Hierdie liefde is meer werd
As al hierdie sleg
Ek sal aanhou veg

Soos tieners gevoel
In ‘n romantic comedy
So hoekom sing ons
Nou ‘n hartseer melodie

Ek haat hoe die prentjie nou lyk
Ek wil diep in jou oë weer kan kyk

En jou koue woorde weergalm
In hierdie kamer
Soos jy uit loop en die woorde
Bly hang

Gaan iemand iets sê
Of klim ons net in die bed
Ons draai ons rug teenmekaar
Om na mure te staar
Gaan iemand iets sê
Dis mos nie wen of verloor
En as ons altwee verkeerd is
Is niemand mos reg
Hierdie liefde is meer werd
As al hierdie sleg
Ek sal aanhou veg

Vee die trane weg
Ons is eintlik reg
Kan nie anders as om lief vir jou te wees
Vee die trane weg
Ons is eintlik reg
Ons is eintlik reg

Gaan iemand iets sê
Of klim ons net in die bed
Ons draai ons rug teenmekaar
Om na mure te staar

Gaan iemand iets sê
Of klim ons net in die bed
Ons draai ons rug teenmekaar
Om na mure te staar
Gaan iemand iets sê
Dis mos nie wen of verloor
En as ons altwee verkeerd is
Is niemand mos reg
Hierdie liefde is meer werd
As al hierdie sleg
Ek sal aanhou veg
Ek sal aanhou veg
Ek sal aanhou veg

#Leah #Aanhou

Music video by Leah performing Aanhou. © 2024 Universal Music (Pty) Ltd South Africa

vevo.ly/IX8mNU

All Comments (11)